# Rugby: Die Italiaanse stut, Marco Riccioni, is vir twee klubwedstryde geskors nadat hy ʼn rooi kaart gekry het in sy span se 57-10-nederlaag in die Nasieskampioenskap-wedstryd teen Australië in Perth. Hy was op die kantlyn toe hy in die tweede helfte ʼn onderonsie betrokke geraak het. Die toernooi se vuilspel-hersieningskomitee sê Riccioni se optrede regverdig ʼn skorsing van vier weke, maar dis tot twee verminder na ʼn skulderkenning en sy vorige tugrekord. Hy sal volgende maand twee wedstryde vir Perpignan in Frankryk se Top 14-liga misloop.
Rugby: Italiaanse stut Riccioni vir twee wedstryde geskors