# Rugby: Die Ierse slot Tadhg Beirne se omstrede rooikaart in die toets teen Nieu-Seeland in Chicago die afgelope naweek is herroep. Die 33-jarige het ‘n geelkaart gekry toe hy en Beauden Barrett mekaar getref het. Die vuilspel-hersieningsbeampte, Dan Jones, het dit daarna na rooi opgeskuif. ‘n Onafhanklike tugkomitee het Beirne se voorlegging aanvaar dat dit wel vuilspel was, maar nie die rooikaart-drempel bereik het nie. Hy sal beskikbaar wees om Saterdag in Dublin teen Japan te speel.
Rugby: Ierse slot Tadhg Beirne se rooikaart teen All Blacks herroep