# Rugby: Die Ierse Rugbyvoetbalunie het besluit om die mans se sewespan aan die einde van die 2024/2025-seisoen te ontbind. Hy sê dis deel van ʼn groter strategie om op die lang termyn finansiële volhoubaarheid te verseker. Die unie se hoëprestasie-direkteur, David Humphreys, sê sy interne hersiening het ook bevind die mans se sewesprogram dra nie regtig by tot die 15-speler-formaat se ontwikkeling nie. Die span het hul laaste toernooi vroeër die maand in Los Angeles gespeel en elfde geëindig.
Rugby: Ierland se mans-sewespan gaan die einde van seisoen ontbind