# Rugby: Ierland het Fidji met 43-15 in Dublin geklop en daarmee die hoop om die eindstryd van die Nasieskampioenskap te haal lewend gehou. Die gasheer was rustyd met 17-15 voor na kwaai teenstand deur Fidji, maar het 26 punte in die tweede helfte aangeteken en daarmee ‘n bonuspunt-oorwinning verseker. Ierland en Engeland is nou gesamentlik tweede op die punteleer met 20 punte, slegs een punt agter die voorloper Frankryk. Ierland speel Saterdag teen die Springbokke en moet wen, maar sal terselfdertyd hoop dat Frankryk en Engeland bonuspunte in hul laaste groepwedstryde afstaan.
Rugby: Ierland kan steeds Nasieskampioenskap-eindstryd haal