Skip to content

Rugby: Ierland en Pumas skop Nasieskampioenskap se noordelike ronde in Dublin af

# Rugby: Die noordelike afdeling van die Nasieskampioenskap skop vanaand in Dublin af, waar Ierland gasheer is vir Argentinië. Afskop is net na agtuur. Môremiddag 1.40 speel die Springbokke in Turyn teen Italië, gevolg deur die wedstryd tussen Skotland en die All Blacks op Murrayfield in Edinburg. Daarna verwelkom Wallis vir Japan in Cardiff, terwyl Frankryk en Fidji mekaar in Lyon die stryd aansê. Sondagmiddag pak Engeland en die Wallabies mekaar op Twickenham in Londen.