# Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Tony Brown, beskou volgende Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Auckland as Suid-Afrika se grootste sedert hulle Wêreldbeker-oorwinning in 2023. Nieu-Seeland het sedert 1994 nog nie op Edenpark verloor nie, terwyl die Bokke in 1937 laas daar kon wen. Suid-Afrika het die Kiwi’s in hul laaste vier ontmoetings verslaan, insluitend die Wêreldbeker-eindstryd en twee keer verlede jaar. Brown sê die Bokke is opgewonde terwyl die All Blacks desperaat is vir ‘n oorwinning, en hy verwag ‘n reuse-stryd.
Rugby: Hulpafrigter beskou toets op Edenpark as Bokke se grootste sedert Wêreldbekertoernooi