# Rugby: Cian Healy van Ierland en Shannon Frizell van Nieu-Seeland is aangekondig as nog twee internasionale spelers wat by die Barbarians aansluit wanneer hulle op op 28 Junie in Kaapstad teen die Springbokke speel. Healy en Frizell, wat tussen hulle al 170 toetse gespeel het, sal hulle by Sam Cane, Peter O’Mahony en Conor Murray vir die wedstryd by Robbie Deans se groep aansluit. Die 37-jarige Healy is Ierland, en ook Leinster, se mees ervare speler. Hy het vroeër vanjaar, na die Sesnasies-toernooi, uit internasionale rugby getree.
Rugby: Healy en Frizell voeg internasionale ondervinding by vir Barbarians teen Bokke