# Rugby: Die haker Dewi Lake is opgeroep na Wallis se kamp vir hul oorblywende Sesnasies-wedstryde teen Skotland en Engeland, nadat hy van ‘n boarmspier-besering herstel het. Lake, wat Wallis verlede jaar tydens die toer na Australië aangevoer het, het in Desember ’n operasie ondergaan. Hy sou aanvanklik 12 weke buite aksie wees. Die 25-jarige, wat reeds 18 keer vir Wallis uitgedraf het, is egter voor skedule met sy herstelproses. Wallis het tot dusver al drie sy wedstryde in vanjaar se kompetisie verloor.
Rugby: Haker Dewi Lake is terug in Wallis se Sesnasies-groep