Skip to content

Rugby: Haaie uitgeskakel in Uitdaagbeker

# Rugby: Die Haaie is uit die Uitdaagbeker-reeks ná hul nederlaag van 34-21 teen Lyon in die ronde van 16 op die Matmut-stadion in Frankryk. Die tuisspan het vyf drieë gedruk teenoor die besoekers en heersende kampioen se drie. Die Bulle is die enigste Suid-Afrikaners wat in die kompetisie oorbly. Lyon en die Ospreys meet nou kragte in die Uitdaagbeker se kwarteindronde terwyl die Haaie ʼn week lange blaaskans kry voor hulle Edinburgh volgende Vrydag in die Verenigde Rugbykampioenskap takel.