Skip to content

Rugby: Haaie se Junior Bok-stut toets positief vir anaboliese steroïde

# Rugby: Die Haaie se Junior Springbok-stut, Kai Pratt, het besluit om sy B-monster te laat toets nadat hy positief getoets het vir ‘n anaboliese steroïde. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport het die positiewe toets bevestig. Pratt het onlangs weens ‘n besering aan die Suid-Afrikaanse onder-20-span onttrek. Hy is in April getoets, kort voor die begin van die onder-20-kampioenskap in Gqeberha. Sport24 berig dat ‘n datum nog bepaal moet word vir die res van die proses. Pratt het nog nie besluit of hy die bewerings gaan betwis nie.