# Rugby: Die Haaie se groot kanonne is terug vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Ulster op Kingspark in Durban. Die Springbokvoorspelers Ox Nché, Eben Etzebeth en Siya Kolisi sluit na hulle triomfantlike Rugbykampioenskaps-veldtog aan by hulle mede-Bokke, Bongi Mbonambi en Vincent Koch, in die opdrafspan. Die skrumskakel Grant Williams en die binnesenter André Esterhuizen is deel van ‘n sterbelaaide agterlyn, met Siya Masuku wat die eerste keer dié seisoen in die beginspan is. Die broers Jaden en Jordan Hendrikse is saam met Lukhanyo Am op die bank.
Rugby: Haaie se groot kanonne is terug vir VRK-stryd teen Ulster