# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, John Plumtree, het vyf veranderinge aan sy span aangebring wat verlede week die Scarlets geklop het, vir hul kwarteindstryd môre teen Munster in Durban. Jason Jenkins begin as slot met Emile van Heerden wat na die bank skuif. James Venter keer terug as flank, terwyl die tweemalige Rugbywêreldbeker-wenner, Siya Kolisi, na die beginspan terugkeer as agtsteman. Hy vervang Phepsi Buthelezi, wat dryfkrag van die bank af sal verskaf. Jordan Hendrikse begin as losskakel en Lukhanyo Am is terug vir sy 100ste internasionale wedstryd vir die Haaie.
Rugby: Haaie maak vyf veranderinge vir VRK-kwarteindstryd teen Munster