Skip to content

Rugby: Haaie maak staat op kontinuïteit in hulle VRK-wedstryd teen Ospreys

# Rugby: Die Haaie maak staat op kontinuïteit in hul Verenigde Rugbykampioenskapskragmeting teen die Ospreys more op Kingspark. Hoofafrigter John Plumtree het grootliks die span behou wat Ulster twee weke gelede met 22-19 in Belfast geklop het. Daar is een verandering in die voorry, met Dian Bleuler wat by Ox Nché oorneem, terwyl Siya Masuku in die plek van Jordan Hendrikse op losskakel speel. Jurenzo Julius neem op buitesenter oor by Lukhanyo Am. Die Durbanse span moet slegs drie ligapunte in hulle laaste twee wedstryde aanteken om ’n tuis-kwarteindstryd te verseker.