Skip to content

Rugby: Haaie maak ses veranderinge aan begin-15 teen Boland Kavaliers

# Rugby: Die Haaie het ses veranderinge aan hul beginspan aangebring vir Saterdag se voorlaaste groepronde van die Curriebeker teen die Boland Kavaliers in Pietermaritzburg. Die gashere is optimisties na ‘n bonuspuntoorwinning teen die Westelike Provinsie verlede week. Siya Masuku maak sy eerste verskyning in die toernooi vanjaar as losskakel, Paschal Ekeji speel op vleuel, terwyl Albie Bester op binnesenter inkom. Onder die voorspelers is Jacques Marais op haker en Jannes Potgieter op flank, terwyl Mawande Mdanda die nuwe vaskopstut is.