# Rugby: Die Haaie wil Saterdag teen Scarlets die eerste deel van die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen op ‘n hoogtepunt afsluit voor die toets-onderbreking. Eben Etzebeth lei die span in Durban met ‘n rotasieverandering onder die voorspelers, waar Emmanuel Tshituka en Phepsi Buthelezi plekke ruil. Makazole Mapimpi se skorsing beteken Edwill van der Merwe skuif van heelagter na vleuel en Jordan Hendrikse begin in die nommer 15-trui. Lukhanyo Am speel senter in die plek van Jurenzo Julius, wat dekking op die bank bied.
Rugby: Haaie maak geringe veranderings vir VRK- wedstryd teen Scarlets