Skip to content

Rugby: Haaie maak drie veranderinge in agterlyn vir VRK-stryd teen Dragons

# Rugby: Die Haaie het drie veranderinge in die agterlyn gemaak vir die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd, Vrydagaand, teen die Dragons in Wallis. Die hoofafrigter van die Haaie, John Plumtree, het nie aan die voorspelers verander nie. Jean Smith neem oor by Jaden Hendrikse wat verlede week as losskakel ingestaan het en wat terugskuif na skrumskakel. Lukhanyo Am skuif van buite- na binnesenter, wat ‘n opening laat vir Jurenzo Julius wat inkom as sy vennoot in die middelveld. Edwill van der Merwe skuif na heelagter, met PK Sobahle wat vleuel speel.