Skip to content

Rugby: Haaie kies vier Junior Bokke vir Curriebeker- wedstryd teen die Bulle

# Rugby: Die Haaie het Jaco Williams, Simphiwe Ngobese, Matt Romao en Simphiwe ‘Vusi’ Moyo ingesluit in hulle span vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen die Bulle na hulle welslae vir die Junior Springbokke. Williams begin as vleuel terwyl die ander drie op die bank is. Die ervare slot Corné Rahl en flank Tino Mavesere is in die opdrafspan. Die voormalige Stormers-stut Lee-Marvin Mazibuko is ook in die beginspan na sy terugkeer van Racing 92 in Frankryk. Die wedstryd op Loftus skop tien-oor-vyf af.