Skip to content

Rugby: Haaie kies nuwe kombinasies vir eerste VRK-wedstryd teen Glasgow Warriors

# Rugby: Die Haaie hoop Saterdag in hulle wedstryd teen die Glasgow Warriors hul Verenigde Rugbykampioenskapsveldtog op die regte noot af te skop. Die hoofafrigter, John Plumtree sê die voorry het nog nooit saamgespeel nie, en ook nie die slotte en die skakelpaar nie. Vincent Tshituka is kaptein van die span met ‘n kombinaise van ou gesigte en nuwe spelers in die afwesigheid van Springbokke en beseerde spelers. Die stut Simphiwe Matanzima, skrumskakel Ross Braude, en vleuels Christie Grobbelaar en Edwill van der Merwe, maak hulle debuut vir die Haaie, met Jaden Hendrikse wat as losskakel opdraf.