# Rugby: Daar is heelwat veranderings aan Suid-Afrika se onder-18 spanne vir vandag se tweederonde-wedstryde in die Internasionale Reeks by Boland Landbou naby Wellington in die Wes-Kaap. Die SA onder-18-A-span speel teen Georgië, gevolg deur die SA onder-18-span teen Ierland, terwyl Engeland en Frankryk die dag se spel afsluit. Die afrigter van SA onder-18, Lwazi Zangqa, het elf veranderinge gemaak en die afrigter van SA-A, Flash Malinga, het tien veranderinge gemaak om al die spelers ‘n kans te gee om hulle vaardighede ten toon te stel.
Rugby: Groot veranderinge aan SA onder-18-spanne vir Internasionale Reeks