# Rugby: Griekwas se begin-vyftiental vir môre se Curriebeker-eindstryd teen die Leeus toon net een verandering van die span wat die Cheetahs in verlede week se halfeindstryd in Kimberley verslaan het. Die slot Derik Pretorius vervang Malembe Mpofu, wat nie sy kopbeseringstoets geslaag het nie, terwyl Marco de Witt dekking op die bank bied. Phumzile Maqondwana is die reserwe-losvoorspeler. Die Leeus word as volslae gunsteling beskou om die titel tuis in Johannesburg te beklink nadat hulle twee weke gelede die Noord-Kaapse span 37-7 verslaan het in ‘n ronde-wedstryd.
Rugby: Griekwas maak slegs een verandering aan sy beginspan vir die Curriebeber-eindstryd