Skip to content

Rugby: Griekwas klop Cheetahs, Leeus verniel Boland vir plekke in Curriebekereindstryd

Rugby: Die Griekwas reis Saterdag na Johannesburg om in hulle tweede Curriebeker-finaal in vier jaar te speel, nadat hulle die Cheetahs in hulle kwarteindrondewedstryd in Kimberley met 25-5 verslaan het. Die vleuel, Dylan Maart, het twee drieë gedruk wat uiteindelik deurslaggewend vir die Griekwas was. Albert Leibenberg het die tuisspan se ander drie gedruk, met George Whitehead wat met twee doelskoppe en twee strafskoppe geslaag het. Die Cheetahs se enigste punte was ‘n drie deur Prince Nkimande.

Die Leeus het vroeër Saterdag die eindstryd bereik met ‘n verwoestende oorwinning van 67-19 oor die Boland Kavaliers op Ellispark in Johannesburg. Angelo Davids was die held van die wedstryd met vier drieë, terwyl Henco van Wyk twee keer agter die doellyn was. SJ Kotze en Quan Horn het elk ‘n drie aangeteken en Boland Kavaliers het ook ‘n strafdrie afgestaan. Chris Smith het met ses doelskoppe en ‘n strafskop geslaag. Drieë deur Sidney Tobias, Jayden Bantom en Chriswill September met doelskoppe deur James Tedder en Juan Mostert, het die telbord ietwat beter laat lyk vir die Boland Kavaliers.