Skip to content

Rugby: Griekwas klop Cheetahs in Curriebeker

# Rugby: Die Griekwas het gisteraand in Bloemfontein ‘n uitstekende vertoning in die eerste helfte gelewer wat hulle tot ‘n oorweldigende 40-10 Curriebeker-oorwinning oor die Cheetahs gelei het. Beide spanne het met oorgawe aangeval, maar die Griekwas was die beste met vyf drieë in die eerste helfte om met 33-5 voor te loop. Die tweede helfte was baie strawwer. Die bonuspunt-oorwinning skuif die Griekwas van derde na bo-aan die punteleer. Hulle kan slegs onttroon word as die Boland Kavaliers ‘n bonuspunt-oorwinning oor die Haaie behaal in hul botsing in Pietermaritzburg vandag.