Skip to content

Rugby: Goosen is terug vir Bulle teen die Haaie in die VRK-halfeindstryd op Loftus

# Rugby: Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White het nie twee keer gedink voordat hy Johan Goosen in die Bulle se opdrafspan vir hulle Verenigde Rugbykampioenskap halfeindstryd teen die Haaie op Loftus ingesluit het nie. Goosen, wat van ‘n besering herstel het, is die enigste verandering aan die span wat Edinburgh verlede week in Pretoria geklop het. Keagan Johannes skuif na die bank. Die Bulle is deur Goosen se terugkeer versterk, terwyl die Haaie die Springbok-slot Eben Etzebeth vir die groot kragmeting verloor het.