Skip to content

Rugby: Glasgow verwag verbete aanslag van Bulle in VRK-halfeindstryd

Rugby: Die Glasgow Warriors verwag ‘n intense fisiese aanslag in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-halfeindstryd teen die Bulle. Die Skotte het die Pretoria-span twee keer hierdie seisoen geklop, maar albei wedstryde was tot aan die einde in die weegskaal. Die hulpafrigter van Glasgow, Nigel Carolan, beskryf die wedstryd as ‘n massiewe geleentheid vir hulle teen taai teenstanders. Hy sê hulle moet net hul voete op die grond hou en beheer wat hulle kan. Die wedstryd word op Murrayfield in Edinburgh gespeel en skop om 3:30 Saterdagmiddag af.