# Rugby: Die jong losskakel van die Haaie, Luan Giliomee, sal die Junior Springbokke se nommer tien-trui dra in môre se Junior Wêreldkampioenskaps-wedstryd teen die gasheer, Georgië. Hy is van heelagter geskuif, terwyl nog ‘n ander wonderkind, Markus Muller van die Stormers, op binnesenter inkom. Afrigter Kevin Foote het grootskaalse veranderinge gemaak nadat sy span Uruguay Saterdag 104-7 afgeransel het in hul openingswedstryd, met slegs vier spelers van daardie groep wat nog in die span is. Giliomee en Muller was op die bank teen Uruguay.
Rugby: Giliomee, Muller in Junior Bokke se opdrafvyftiental vir wedstryd teen Georgië