Skip to content

Rugby: Gemengde uitslae vir SA spanne in VRK-openingsrondes hierdie naweek

# Rugby: Die Bulle en Stormers het hul Verenigde Rugbykampioenskap-veldtogte met tuisoorwinnings geopen, maar die Leeus en die Haaie was nie so gelukkig nie. Gister het die Bulle sterk in die tweede helfte teruggekom om die Ospreys met 53-40 op Loftus Versfeld te verslaan. Vrydagaand het die Stormers Leinster met 35-0 op die Kaapstad-stadion oorrompel. Maar die Haaie het ‘n 35-19-nederlaag gely teen die Glasgow Warriors op die Scotstoun-stadion, terwyl die Leeus met ‘n 33-20-nederlaag teen Cardiff op ‘n baie nat Cardiff Arms Park in Wallis tevrede moes wees.