Skip to content

Rugby: Gans kan Saterdag sy 100ste wedstryd vir Bulle speel

# Rugby: Agterspeler Stedman Gans hoop om sy 100ste wedstryd vir die Bulle te speel in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-groepwedstryd teen Benetton op Loftus. Die voormalige Blitsbok-ster het sedert 2017 in 22 wedstryde vir die Blou Bulle en 45 vir die Bulle gespeel. Hy beskryf sy tyd in Pretoria as ‘n seën. Die Bulle is tans vierde op die punteleer en kan ‘n tuiskwarteindstryd verseker as hulle die Italianers hierdie naweek klop. Benetton is in die 13de posisie en sal nie die groepfase oorleef nie.