Skip to content

Rugby: Galthie sê dis reeds ‘n reuse-prestasie vir Frankryk net om die Nasieskampioenskapseindstryd te haal

# Rugby: Afrigter Fabian Galthie sê Franse rugby se flair en skeppende spel het hulle die kans gegee om die eerste Nasieskampioenskap te probeer wen. Sy span speel Sondag teen die Springbokke in die eindstryd op Twickenham nadat hulle die Noordelike Halfrond-groep gewen het, terwyl Suid-Afrika boaan die Suidelike Halfrond-groep is. Galthie sê dis reeds ‘n reuse-prestasie vir Frankryk net om die eindstryd te haal nadat hulle nog nooit ‘n internasionale toernooi kon wen nie. Die Bokspan vir die kragmeting word vanmiddag aangekondig.