# Rugby: Leinster se stut, Tadhg Furlong, is skotvry nadat hy beskuldig is van onbetaamlike fisieke kontak met ‘n teenstander in die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Munster. Hy is uitgewys en daar is verwag hy sal ‘n stewige skorsing ontvang. ‘n Tugverhoor het hom egter vrygespreek nadat bevind is daar was nie voldoende bewyse nie. Furlong is dus beskikbaar vir Ierland vir volgende maand se Nasieskampioenskapstoets teen die Springbokke in Dublin. Die Bok- en Bulle-stut Jan-Hendrik Wessels is verlede jaar nege weke geskors ná ‘n soortgelyke voorval.
Rugby: Furlong vrygespreek ná beweerde onbetaamlike optrede teen teenstander