Skip to content

Rugby: Franse flank kan lank geskors word nadat sy na bewering ‘n Ierse teenstander gebyt het

# Rugby: Die Franse flank Axelle Berthoumieu kan ‘n lang skorsing verwag as sy daaraan skuldig bevind word dat sy ‘n Ierse teenstander, Aiofe Wafer, gebyt het tydens hulle kwarteindstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi in Exeter, England. Ierland se kaptein, Sam Monaghan, het die kwessie onder die skeidsregters se aandag gebring, maar daar is nie op die veld opgetree nie. Berthoumieu verskyn vandag voor ‘n tugkomitee. Die straf vir ‘n lae intensiteits-byt-oortreding is ‘n skorsing van 12-weke. Frankryk het 18-13 gewen en speel Saterdag in die halfeindronde teen die gasvrou.