# Rugby: Frankryk se hoofafrigter, Fabian Galthié, het die skeidsregters se optrede in die eerste twee toetse teen die All Blacks gekritiseer en gesê hy verwag neutraliteit van wedstrydbeamptes. Die twee lande speel môre die laaste toets in Hamilton nadat Nieu-Seeland die eerste twee gewen het. Galthié het verskeie beslissings in Dunedin en Wellington bevraagteken, insluitend Jordie Barrett wat na bewering onwettig by ‘n losskrum aangesluit het, en die vleuel Rieko Ioane wat onkant was toe hy onderskep het. Hy sê albei moes geelkaarte ontvang het.
Rugby: Franse afrigter kritiseer skeidsregters in eerste twee toetse teen die All Blacks