Skip to content

Rugby: Fitzpatrick glo die All Blacks het ‘n goeie kans teen ‘moeë’ Springbokke

# Rugby: Die beroemde Nieu-Seelander Sean Fitzpatrick glo die All Blacks het ‘n goeie kans teen Suid-Afrika in die Rugbykampioenskap. Die twee lande speel Saterdag op Edenpark in die eerste van twee toetse. Die 62-jarige voormalige kaptein sê die All Blacks is desperaat vir ‘n oorwinning terwyl die Springbokke moeg lyk. Fitzpatrick, die laaste All Black- kaptein wat ‘n nederlaag op Edenpark moes verduur, glo Scott Robertson se span is in ‘n betreklike goeie posisie voor die wedstryd.