# Rugby: Fidji glo hulle kan die Wallabies in Sondag se toets in Newcastle klop. Die Australiërs gebruik die wedstryd as voorbereiding vir hulle reeks teen die Britse en Ierse Leeus. Die eilanders is nou negende op die wêreldranglys, net een posisie agter die Wallabies. Australië is onder druk nadat hulle verlede seisoen sewe van hulle 13 toetse verloor het. Hulle het ook gedurende 2023 se Wêreldbekertoernooi in Frankryk teen Fidji verloor. Die eerste van die drie toetse teen die Leeus word die 19de in Brisbane gespeel.
Rugby: Fidji glo hulle kan Australië Sondag in Newcastle klop