Skip to content

Rugby: Feinberg-Mngomezulu skitter in Stormers se oorwinning in Kaapstad

# Rugby: Dit was Springbok-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu se dag in Kaapstad met drie drieë, drie vervyfskoppe en ‘n strafskop om die Stormers te laat wen met 34-29 teen Connacht in the Verenigde Rugbykampioenskap. Connacht het die tuisskare in die laaste minuut na hulle asems laat snak met ‘n drie, maar weens obstruksie is dit nie toegeken nie. Dit was ‘n belangrike oorwinning vir die Kaapse span want hulle het nou drie tuiswedstryde oor voor die uitkloprondtes begin.