# Rugby: Aphelele Fassi sal môre vir die Springbokke op heelagter uitdraf in die tweede Rugbykampioenskapstoets teen die Wallabies in Kaapstad. Dit volg nadat Willie le Roux weens ʼn besering onttrek het. Hy sukkel met die besering sedert ʼn oefening vroeër die week en dit het nie betyds herstel nie. Fassi, wat al in 13 toetse gespeel het, was ook verlede week in Johannesburg in die opdrafspan toe die Bokke 38-22 verloor het.
Rugby: Fassi in opdrafspan teen die Wallabies na Le Roux onttrek weens ’n besering