# Rugby: Afrigter Andy Farrell hou vol dat hy ‘n oop gemoed hou oor sy span vir die eerste toets teen die Wallabies nadat hy sy sterkste groep tot dusver aangekondig het vir die Britse en Ierse Leeus se wedstryd Woensdag teen die Brumbies. Maro Itoje is terug as kaptein en Finn Russell en Jamison Gibson-Park die skakelpaar. Die voorry bestaan uit die Engelsman Ellis Genge en die Iere Dan Sheehan en Tadhg Furlong. Die Brumbies was in 2013 die enigste provinsiale span wat die Leeus kon klop.
Rugby: Farrell kies sy sterkste span nog vir Britse en Ierse Leeus se wedstryd teen die Brumbies