Skip to content

Rugby: Farrell kan moontlik môre in Adelaide sy eerste wedstryd van die huidige Leeus-toer speel

# Rugby: Engeland se gewese kaptein, Owen Farrell, kan moontlik môre in Adelaide sy eerste wedstryd van die huidige Britse en Ierse Leeus-toer speel teen ‘n gesamentlike Australies-Nieu-Seelandse span. Die losskakel is op die bank gekies nadat hy ‘n week gelede ingevlieg is om ‘n beseerde speler te vervang. Dit is die 33-jarige se vierde Leeus-toer. Farrell het die laaste van sy 112 toetse gedurende 2023 se Wêreldbekertoernooi gespeel. Die Leeus het hulle eerste vier wedstryde gewen en môre is hulle laaste voorbereidingswedstryd voor die eerste toets teen die Wallabies.