Skip to content

Rugby: Farrell beskou oefenwedstryd teen Argentinië as volskaalse toets vir Leeus

# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se hoofafrigter, Andy Farrell, beskou vanaand se oefenwedstryd teen Argentinië in Dublin as ‘n volskaalse toets. Die toergroep sal dit gebruik as voorbereiding vir die besoek aan Australië wat volgende naweek in Perth teen Western Force afskop. Hulle vertrek môreoggend. Farrell verwag sy manne sal vanaand voluit speel en sê hulle is gelukkig om ‘n gehalte-span soos die Pumas te hê om hulle te toets. Die wedstryd op die Aviva-stadion skop vanaand 9-uur Suid-Afrikaanse tyd af.