Skip to content

Rugby: Evan Roos opgeroep vir Springbok-oefengroep

# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het Evan Roos by die oefengroep gevoeg wat voorberei vir komende internasionale wedstryde. Die 25-jarige het laas in 2024 in die Groen en Goud gespeel toe hy teen Portugal in Bloemfontein uitgedraf het. Roos se insluiting vergroot nou die groep tot 55 spelers, wat gister in Johannesburg byeengekom het. Die Bokke sal hul seisoen op 28 Junie teen die Barbarians in Kaapstad afskop. Dit sal gevolg word deur agtereenvolgende toetse teen Italië in Pretoria en Gqeberha en Georgië in Nelspruit in Julie.