# Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sal opskuif na gesamentlik tiende op die lys van mees ervare toetsveterane wanneer hy Saterdag op Ellispark opdraf in die Rugbykampioenskapswedstryd teen Australië. Sy rekord van die meeste toetse vir Suid-Afrika skuif dan op na 134 – gelyk met die Walliese stut, Gethin Jenkins. Etzebeth en Lood de Jager is die slotte, met Franco Mostert wat van die bank af opkom. Die ander lede van die “bomb squad” is Bongi Mbonambi, Jan-Hendrik Wessels, Asenathi Ntlabakanye en Kwagga Smith.
Rugby: Etzebeth speel Saterdag sy 134ste toets vir die Springbokke