# Rugby: Eben Etzebeth het vinnig herstel en sal môre vir die Haaie speel in hul laaste Verenigde Rugbykampioenskaps-ligawedstryd teen Scarlets in Durban. Die Springbok-slot het van die veld gehinkepink tydens verlede naweek se oorwinning oor Ospreys, maar dit blyk dit was slegs ’n stamp teen die been. Emile van Heerden sal saam met Etzebeth in die tweede ry sak. Die Bok-loskopstut Ox Nché is terug nadat hy siek was, terwyl Phepsi Buthelezi die nommer agt-trui sal dra in die plek van Bok-kaptein Siya Kolisi, wat ruskans kry.
Rugby: Etzebeth reg om sy plek môre-aand in te neem teen Scarlets