Skip to content

Rugby: Erasmus volhard met die spelers wat teen Australië gespeel het om die All Blacks te pak

# Rugby: Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, volhard met die spelers wat in die eerste twee Rugbykampioenskapstoetse teen Australië diens gedoen het vir volgende maand se toer na Nie-Seeland. Die vleuels Kurt-Lee Arendse en Edwill van der Merwe is beseer en Makazole Mapimpi sal die toer meemaak. Cobus Wiese, die enigste voorspeler wat teen die Wallabies gespeel het wat nie in die groep is nie, is op bystand geplaas. Jasper Wiese dien steeds sy skorsing uit en sal eers vir die tweede toets in Wellington beskikbaar wees.