Skip to content

Rugby: Erasmus tevrede met Japan-oorwinning, maar maak gereed vir ‘n groot stryd vorentoe

# Rugby: Rassie Erasmus het sy span geprys vir hul oortuigende oorwinning van 61-7 gisteraand teen Japan op Wembley-stadion in Londen. Alhoewel die Springbok-afrigter aangenaam verras is met die uitslag, sê hy die volgende paar weke gaan ander groot uitdagings inhou. Die Bokke het agt drieë gedruk en is ‘n strafdrie toegeken, met slegs ‘n verdoelde drie vir Japan. Erasmus en Bokkaptein Siya Kolisi stem saam die oorwinning is ‘n uitstekende begin vir die Novembertoer, maar hulle bly nugter oor wat op hulle wag. Die span vertrek vandag na Parys, waar hulle Saterdag teen Frankryk te staan kom op die Stade de France.