Skip to content

Rugby: Erasmus sê Ntlabakanye se weglating is beskerming, nie straf nie

# Rugby: Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sê die besluit om Asenathi Ntlabakanye nie in te sluit by die groep vir reeks van twee toetse na Nieu-Seeland nie, is om hom te beskerm. Die 26-jarige speler het positief getoets vir ʼn verbode middel. SA Rugby het bevestig ʼn sportdokter het dit voorgeskryf om ʼn gesondheidsprobleem te behandel. Erasmus sê indien Ntlabakanye op toer was, sou hy baie vrae moes antwoord wat sy fokus kon verskuif van die wedstryd wat voorlê.