# Rugby: Hoofafrigter Rassie Erasmus het vier nuwelinge ingesluit in die Springbokspan vir Saterdag se wedstryd teen die Barbarians in Kaapstad. Die stut Asenathi Ntlabakanye en die flank Vincent Tshituka is in die opdrafspan en die haker Marnus van der Merwe en die stut Neethling Fouché op die bank. Sacha Feinberg-Mngomezulu is nommer tien en Manie Libbok op die bank. Lood de Jager is die eerste keer terug sedert voor 2023 se Wêreldbekertoernooi en is Jean Kleyn se slotmaat. Kaptein Siya Kolisi sal in sy 93ste toets speel.
Rugby: Erasmus kies vier nuwelinge in Bokspan vir wedstryd teen Barbarians