Skip to content

Rugby: Erasmus kies bestendigheid, Etzebeth en Willemse in begin-vyftiental

# Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het op bestendigheid gefokus met die keuse van die span vir Saterdag se Rugbykampioenskapstryd teen Argentinië op Kings Park in Durban. Eben Etzebeth en Damian Willemse is in die beginspan in die plek van die beseerde Lood de Jager en Aphelele Fassi. Damian de Allende keer terug op binnesenter langs Canan Moodie in ‘n opwindende middelveldkombinasie. Die stut Boan Venter sal op die bank wees, met Jan-Hendrik Wessels as die plaasvervanger-haker. Morné van den Berg is op die bank in die plek van Grant Williams, wat las het van ‘n besering.