# Rugby: Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het die meeste spelers behou wat Nieu-Seeland verlede naweek geklop het toe hy sy groep aangekondig het vir die laaste twee Rugbykampioenskapswedstryde teen Argentinië in Durban en Londen. Die groep kom môre in Durban bymekaar nadat hulle ‘n paar dae saam met hulle gesinne deurgebring het. Willie le Roux is uitgelaat. Lood de Jager, Jean-Luc du Preez, Aphelele Fassi, Gerhard Steenekamp, Frans Malherbe, Salmaan Moerat en Kurt-Lee Arendse sal weens beserings nie speel nie.
Rugby: Erasmus behou geloof in kern-Bokgroep vir Argentinië, terwyl Willie uitgelaat is