# Rugby: Engeland het Frankryk in die vierde plek op die wêreldranglys vervang ná Saterdag se oorwinning van 25-7 oor die Wallabies op Twickenham. Frankryk het nie die naweek gespeel nie. Die Springbokke is steeds eerste op die ranglys, gevolg deur die All Blacks, wat die derde-geplaasde Ierland 26-13 geklop het in Chicago in Amerika. Argentinië is sesde, Australië sewende, Skotland agtste, Fidji negende en Italië tiende. Hierdie maand se toetsuitslae is veral belangrik omdat die loting vir 2027 se Wêreldbekertoernooi in Australië vroeg volgende maand plaasvind.
Rugby: Engeland vervang Frankryk in vierde plek op wêreldranglys