# Rugby: Die Bulle se Springbok-skrumskakel, Embrose Papier, is beloon vir sy uitstekende spelpeil deur aangewys te word as Suid-Afrika se Verenigde Rugbykampioenskap-speler van die seisoen. Sy keuse is bepaal deur stemme van die Springbok-afrigtingspan, die breiers van die vier plaaslike spanne en sekere Suid-Afrikaanse uitsaai-kommentators. Die nommer nege, wat in die Wes-Kaap gebore is, was net 21 toe hy in 2018 sy toetsbuiging teen Wallis gemaak het. Vorige seisoene se wenners is Evan Roos, Manie Libbok, Sanele Nohamba en Sacha Feinberg-Mngomezulu.
Rugby: Embrose Papier is Suid-Afrika se VRK-speler van die seisoen