# Rugby: SA Rugby beplan ‘n elite-, volledige beroepskompetisie vir vroue volgende jaar. SARU se president, Mark Alexander, sê dit volg op die Springbok-vroue se puik vertoning op die die Wêreldbekertoernooi in Engeland, waar hulle die heel eerste keer die kwarteindronde gehaal het. Hy sê die potensiaal vir groei in die vrouespel in die land is fantasties, en terwyl die spelersbasis groei, sal uitnemendheid op hoëprestasievlak ook groei. Alexander glo dit is nie ‘n kwessie van of Suid-Afrika se vroue die Wêreldbeker kan wen nie, maar wanneer.
Rugby: Elite-vrouekompetisie vir volgende jaar in Suid-Afrika beplan